|
Ondanks die ekonomiese afswaai is klimaatsverandering steeds hoog
op die agenda van die meeste maatskappye in Suid-Afrika wat leiding gee.
Die reaksiekoers op die plaaslike been van die Carbon Disclosure
Project (CDP), wat sedert 2000 wêreldwyd namens 475 institusionele beleggers met
$55 000 miljard se bates onder bestuur maatskappye nooi om hul vrystellings van
kweekhuisgasse te meet en daaroor verslag te doen, het van verlede jaar se 59%
tot 68% verbeter.
Die finansiëledienstesektor het vanjaar uitgestaan as die sektor
wat ‘n kleiner ooglopende kumaatrisiko inhou, maar wie se gehalte van
openbaarmaking drasties verbeter het. Nedbank het die beste gevaar in die CDP Se
leierskapsindeks, wat maatskappye beoordeel volgens die gehalte van hul
openbaarmaking.
Buiten HCI het al die banke, versekeraars en
finansiëledienstegroepe op die JSE se top-100-indeks vanjaar deelgeneem.
Tog het talle vooraanstaande top-100 maatskappye nie die moeite
gedoen om deel te neem nie. Mnr. Johann Scholtz, hoof van die regsfirma Webber
Wentzel se praktyk vir klimaatsverandering en koolstofverhandelings, sê
Suid-Mrikaanse sakelui slaan klimaatsverandering moontlik nog nie so hoog aan
nie omdat die
openbaarmaking van kweekhuisgasvrystellings nog lie wetuk
opgedwing word nie. Dit is taamlik seker dat dit teen 2012 - oor minder as drie
jaar - gaan verander.
Top-vrystellers:
1. Sasol: 61 miljoen ton
2. ArcelorMittal: 12,4 miljoen ton
3. BHP Billiton: 4,5 miljoen ton
4. Anglo American: 3,4 miljoen ton
* Kweekhuisgasvrystellings per jaar; vrystellings weens
elektrisiteitsverbruik uitgesluit.
Maatskappye wat nóύ reeds hul klimaatrisiko’s identiuiseer en
daaroor versiag doen, sal ‘n voorsprong he bo groepe wat apaties is of ‘n
wag-en-sien-houding inneem. Maatskappye besef nie dat hulle in die toekoms
regsaanspreeklik kan wees as hulle nie hul kweekhuisgasse meet, openbaar maak en
inkort lie, sê Scholtz.
Van die deelnemende maatskappye het 87% hul
kweekhuisgasvrystellings openbaar gemaak, teenoor 77% verlede jaar. Meer
maatskappye (20) het teikens vir die vrystelling van kweekhuisgasse of vir laer
energieverbruik (22). Verledejaar het net 12 maatskappye gesê hulle het teikens
vir kweekhuisgasinperking. Daar is volgens die CDP-verslag vrae oor hoe
ambisieus of realisties die gestelde teikens is in die konteks van
internasionale vereistes en onlangse studies oor wat tegnologies en ekonomies
lewensvatbaar is.
Hoewel daar ‘n toename in misiatiewe is om energiedoeltreffendheid
te verbeter, is investering in hernieubare energie nog klein vergeleke met
internasionale ontwikkelings. Kwessies oor klimaatsverandering word toenemend by
maatskappye se korporatiewe-bestuursbedrywighede geïntegreer, en meer
maatskappye (86% van deelnemers) het ‘n direksiekomitee of uitvoerende liggaam
wat vir die kwessie van klimaatsverandering verantwoordelik is. Daar is selfs 19
maatskappye wat aansporings aan bestuurders bied wat doelwitte rakende
klimaatsverandering haal.
Van die bekende groepe wat nie deelgeneem het lie, is Distell,
Shoprite, Spar, Pioneer Foods, Tiger Brands, Naspers, Mr Price, JD Group, Lewis,
Sun International, Adcock Ingram, Grindrod en Highveld Steel.
Hoewel die toerisme- en uitgewersbedryf lie groot regstreekse
koolstofvoetspore het lie, kan hul onregstreekse bydrae aansienhik wees, lui die
CDP-verslag.
Die media- en toerismesektor het aansienhike potensiaal om ander
sektore positief te beïnvloed, en kan leierskap toon deur hul
voorbeeld.
CDP-leierskapsindeks:
1. Nedbank (Telling: 90)
2. Bidvest (83)
2. Woolworths (83)
4. BHP Billiton (82)
5. Gold Fields (79)
5. Sappi (79)
7. AngloGold Ashanti (75)
7. Santam (75)
9. Dimension Data (74)
9. Ou Mutual (74)
9. Sanlam (74)
12. Anglo Platinum (73)
12. Exxaro (73)
14. Northam Platinum (72)
14. Netcare (72)
16. Sasol (71)
Tog het net die mediagroep Caxton deelgeneem terwyl die
invloedryke Naspers, die grootste mediagroep in Afrika, al twee jaar ná mekaar
nie deelneem nie.
Me. Buyelwa Sonjica, minister van waterwese en omgewing, het in
haar voorwoord van die CDP-versiag maatskappye wat nie deelgeneem het nie,
aangemoedig om in die toekoms leierskap te toon. Die
vennote en borge van die CDP is die Nasionale Sakeinisiatief (NBI), Incite
Sustainability, KPMG, Webber Wentzel en Element Investment Managers. Meer
inligting by www.cdpproject.net. |